Reisbedryf-inflasie styg tot 8,2% jaar-op-jaar in April
Die inflasiekoers vir hotelle, kafees en restaurante het in April gestyg tot 8,2 persent op ‘n jaargrondslag, vanaf 5,3 persent op ‘n jaargrondslag die vorige jaar. Hierdie toename word grootliks gedryf deur ‘n toename in verblyfdienste, wat ‘n jaarlikse inflasiekoers van 10,1 persent in April gehad het. Simonis Storm sê in sy nuutste vertslag dit is die hoogste sedert Desember 2022. Intussen het inflasie vir vakansiepakkette, hoewel steeds hoog, tot 45,5 persent op ‘n jaargrondslag verlangsaam vanaf 73,6 persent verlede jaar. Vir plaaslike toeriste beteken dit hoër koste vir verblyf en uiteet, wat reis en besteding moontlik beperk. Die hoë inflasie in vakansiepakkette, ten spyte van die verlangsaming, dui ook daarop dat wyer reistransaksies duur bly, wat plaaslike toerisme-aktiwiteite verder beïnvloed.