Reis veilig, oppas vir hondsdolheid

Die buurland se landbou-departement maan inwoners en vakansiereisigers teen hondsdolheid wat in hoë-risikogebiede regdeur die land voorkom. Dit sluit in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Limpopo en Mpumalanga, sowel as langs die grens tussen die Vrystaat en Lesotho. Daar is veral kommer oor die verhoogde risiko in gebiede in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Die publiek word streng gewaarsku om nie rondloper honde en katte in dié gebiede te nader, aan te raak of probeer om hulle te hanteer nie.