Rehoboth se ligte is vanaand af

Die Rehoboth-dorpsraad het ‘n dringende kennisgewing uitgereik waarin inwoners gewaarsku word dat NamPower fase een beurtkrag nou van vyf-uur tot nege-uur vanaand op die dorp sal instel. Rehoboth is een van die talle Suide-dorpe wat nie sy skuld op die sperdatum van 31 Mei aan NamPower vereffen het nie. Die kragvoorsieniner het vroeër aangedui dat beurtkrag aan wanbetalers steeds in fases vanaf vandag gaan begin. Woordvoerder van Rehoboth, Desire Pieters het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor onderhandelinge vir ‘n oplossing…