Rehoboth se krag is af

Rehoboth se krag is af. Die kragonderbreking is veroorsaak deur elektrisiteitskabels wat uitgebrand het. Die kragonderbreking kom voor in Blok B en D. Die burgemeester van Rehoboth, Enrico Junius, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die probleem is buite hul kapasiteit en hulle wag op ‘n span wat heeldag besig is om na die probleem te soek, om dit reg te stel. Volgens hom was daar ook ‘n ongeluk by die kiosk wat ‘n impak op Blok E ook het.