Rehoboth se Baster-gemeenskap herdenk vandag die Slag van Sam !Khubis

Rehoboth se Baster-gemeenskap herdenk vandag die Slag van Sam !Khubis. Die geskiedkundige Slag het op 8 Mei 1915 plaasgevind toe die Duitse koloniale magte die Basters aangeval en die Basters na hul laaste vesting, Sam !Khubis, gevlug het. Die tema vanjaar is “Die rol van die Rehoboth Baster kultuur”. Die mense van Rehoboth het die verrigtinge met ’n diens gedenk voordat hulle die reis van sowat 50 kilometer na die suidweste aangepak het waar die geveg op 8 Mei 1915 plaasgevind het. Die Duitse koloniale weermag het die gemeenskap aangeval in sy laaste vesting op Sam !Khubis, maar die volgende dag padgegee sonder dat die mense uitgewis is.