Rehoboth moet geduldig wees oor stand van paaie

Inwoners van Rehoboth kla oor die slegte toestand van hul paaie. Ná die goeie reënval vanjaar het die paaie erge slaggate gekry. Die burgemeester Enrico Junias sê inwoners moet geduldig wees, want die dorpsraad is besig om die kwessies van ontwikkeling in die dorp aan te spreek, die paaie ingesluit. Junias gesels met Kosmos 94.1 Nuus.