Rehoboth kry eerste brandweerstasie

Rehoboth het sy eerste brandweerstasie ooit gekry. Die nuwe stasie beskik oor ‘n brandweerwa met die nuutste toerusting, asook kantore en kamers vir brandbestryders. Ronald Windswaai, waarnemende hoof uitvoerende beampte van die Rehoboth-dorpsraad, sê die dorp groei, en daarmee saam moes die veiligheid en sekuriteit van inwoners opgeskerp word. Die brandweerstasie is gebou teen ‘n koste van 4,1 miljoen Namibiese dollar, waarvan die stedelike- en landelike ontwikkeling-ministerie 3,4 miljoen dollar gegee het. Die dorpsraad het meer as 600 000 dollar bygedra.