Rehoboth-juffrou vas vir N$290 000 se Mandrax

Die Namibiese polisie het ‘n onderwyser op Rehoboth in hegtenis geneem in besit van 2 417 Mandrax-tablette met ‘n beraamde straatwaarde van net meer as 290 000 Namibiese dollar. Volgens die mag was dit ‘n operasie wat deur intelligensie gelei is. Die vrou is net na ses-uur Dinsdagaand in Block-G gearresteer. Die ondersoek duur voort.