Rehoboth-inwoners moet vir Covid-toetse gaan: dorpsraad

Die Covid 19-uitbraak in Rehoboth is steeds in die nuus. Inwoners van die gebied word aangemoedig om hulle te laat toets by die Covid 19-toetssentrums in die dorp, by die Hermanus van Wyk gemeenskapsaal en die Oanob gemeenskapsaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Desire Pieters, die Rehoboth-dorpsraad se woordvoerder, wat sê inwoners word versoek om gesigmaskers te dra en groot byeenkomste te vermy.