Rehoboth-inwoners gemaan oor sporadiese kragonderbrekings

Die Rehoboth-dorpsraad stel sy inwoners in kennis dat die elektrisiteits-departement geskeduleerde instandhouding en opgradering van verskeie mini-substasies in die dorp vanaf môre tot Donderdag sal doen. Elektrisiteit sal gedurende sekere periodes deur die dag afgeskakel sonder vooraf kennisgewing. Inwoners word versoek om alle elektriese toestelle voor die beplande onderbreking af te skakel of te ontkoppel om skade te voorkom, sê Desiree Pieters, skakelbeampte van Rehoboth aan Kosmos 94.1 Nuus.