Rehoboth-dorpsraad vergader met inwoners

Die inwoners van Rehoboth word uitgenooi na die komende openbare vergaderings vir die tertafellegging van die begroting vir die 2023-24 finansiële jaar. Verskeie kwessies soos die skuld aan NamPower en NamWater sal bespreek word. Die vergadering sal ook deur die goewerneur van die Hardap-streek Salomon April bygewoon. Hierdie vergaderings vind plaas op Sondag 11 Junie en op Sondag 18 Junie. Die skakelbeampte van die dorp, Desire Pieters, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat op die agenda is.