Rehoboth-bouer vind wapens wat uit Baster-oorlog met Duitser dateer

Die Namibiese polisie sê hulle vermoed wapens van die Bastervolk se oorlog met die Duitsers vroeg in die 1900’s is by ‘n erf op Rehoboth gevind. ‘n Privaat eiendomsontwikkelaar het die polisie in kennis gestel nadat sy werkers 55 ou gebreekte en geroeste gewere sonder reeksnommers Vrydagoggend gevind het. Die werkers het loopgrawe in die oop erf gegrawe het waar hulle elektriese kabels sou lê. Die wapens is beveilig en ‘n ondersoek is gelas.