Regulering van virtuele bates beide goed en sleg – CBI

Die minister van finansies Ipumbu Shiimi het die Wetsontwerp op Virtuele Bates in die parlement bekendgestel. Die wetsontwerp is ingestel om voorsiening te maak vir die lisensiëring en regulering van virtuele bate-diensverskaffers. Dit sluit in om ‘n regulerende owerheid aan te wys om die bedryf te reguleer en toesig te hou. Die doel is om verbruikersbeskerming te verseker, mark-misbruik te voorkom, asook van die risiko van geldwassery en finansiering van terrorisme wat deur virtuele bate-markte ingehou word. Die kriptogeld-eenheid gaan dus in Namibië gereguleer word. Kosmos 94.1 Nuus het met Coenie Botha, uitvoerende hoof van CBI Exchange, gesels wat sê dat regulering hoogtyd is, maar daar is ook kommer.