Regter weier Montana se TikTok-verbod
’n Amerikaanse regter het Montana se staatsverbod op die gebruik van TikTok wat op 1 Januarie in werking sou tree, van die hand gewys en sê dit skend vrye spraakregte van gebruikers. Amerikaanse distriksregter Donald Molloy het ‘n voorlopige bevel uitgereik om die verbod te blokkeer. TikTok, wat deur China se ByteDance besit word, het Montana in Mei gedagvaar hier oor en so ook TikTok-gebruikers in Montana.