Regter sê Trump se ‘vrye spraak’ het misdadigheid bevorder

’n Regter in die Amerikaanse deelstaat Georgia het Donald Trump se poging om kriminele aanklagte in die staat se 2020-verkiesinginmengingsaak teen hom af te wys, verwerp. Die Republikeinse voormalige president het aangevoer die aanklagte skend sy vrye spraak-regte. Regter Scott McAfee het in die hooggeregshof in Fulton County bevind dat die akte van beskuldiging beweer dat uitsprake deur Trump en die 14 ander beskuldigdes, gemaak is “ter bevordering van kriminele aktiwiteite”. Dit word dus nie deur die Eerste Wysiging aan die Amerikaanse Grondwet beskerm nie.