Regter sal later beslis oor Boulter se laatindiening van verdediging
Hoërhofregter Claudia Claassen sal op 26 Mei haar beslissing oor kondonasie in die laat antwoord in verdediging wat deur die Brit, Harvey Boulter, se regspan ingedien is. Die saak, waar Boulter deur Tabarak Trading and Consulting in die Emirate vir 56,5 miljoen Namibiese dollar gedagvaar word, handel oor mislukte beleggings. Die aansoekers sê die hof in Dubai het reeds op 27 Julie 2021 die aansoek aan hulle toegestaan en hulle vra die Namibiese hof om die beslissing plaaslik te bekragtig. Hulle voer aan Boulter het gelieg oor die sukses van verskeie van sy maatskappye om hulle beleggings te bekom, maar die geld is verlore. Sisa Namandje, wat vir Boulter optree, het versuim om dokumente op tyd in te dien en dus moet daar ‘n aansoek om kondonasie gebring word. Boulter het ook ‘n moordklag wat hy probeer om ter syde te laat stel, sowel as ‘n siviele eis vir net meer as 84 miljoen dollar deur Alta van Wyk, die weduwee van Gerhard, wat in Februarie 2021 blykbaar deur Boulter geskiet is en dood is.