Regter eis mediese rekords
Regter Christie Liebenberg het opdrag gegee dat die mediese beampte van die Windhoek-gevangenis vandag alle mediese verslae van die moordenaar Ernst Lichtenstrasser aan die hof voorlê. Lichtenstrasser vertraag nou sedert sy skuldigbevinding aan die begin van November verlede jaar op die nou bekende Nimt-moorde, voorvonnis-verrigtinge. Hy was eers medies ongeskik verklaar en toe was daar ‘n selfmoord poging. Nou is hy op ‘n eetstaking en drink nie sy medikasie nie. Hy het ook nie regshulp nie – hy het sy prokureur afgedank, die soveelste een – en nou weier die staat regshulp.