Regsmening ingewin oor SABC-raad

Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het aan President Cyril Ramaphosa die verduideliking gegee wat hy in verband met die aanstelling van kandidate vir die SABC-raad versoek het. Die President het navraag gedoen oor die regstatus van die bykomende drie name op die lys benoemdes wat die Nasionale Vergadering verlede jaar goedgekeur het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die portefeuljekomitee vir kommunikasie en digitale tegnologieë het nagedink oor Ramaphosa se navraag en ‘n regsmening ingewin.