Regsman van Depardieu vra uitstel, sê akteur is siek
Gérard Depardieu se prokureur het Maandag gevra dat die Franse akteur se verhoor oor seksuele aanranding uitgestel word. Depardieu, wat skuld ontken, word beskuldig dat hy “geweld, dwang, verrassing of dreigemente” gebruik het in die beweerde aanranding op twee vroue in 2021 op ʼn filmstel. Sy prokureur sê dokters het besluit die akteur is nie gesond genoeg om die verhoor by te woon nie, maar hy is gretig om in die hof te verskyn en homself te verdedig. Die verhoor word beskou as ʼn groot oomblik vir die groeiende MeToo-beweging in Frankryk.