Regsman skiet Walvis burgemeester se reise af

Reaksie is ontvang op die herrie wat ontketen is by die Walvisbaai-munisipaliteit. Burgemeester Trevino Forbes het sy buitelandse reise verdedig en gesê dit is tot voordeel van inwoners en nie vir persoonlike gewin nie. Dit kom nadat sommige raadslede ontevrede was oor Forbes wat sonder hul insette na ‘n burgemeestersvergadering in Ethiopië gereis het. Forbes het gesê die reis is deur die bestuurskomitee goedgekeur en was nie onwettig nie. Hy het beklemtoon dat sy reise fondse vir die dorp insamel, met verwysing na ‘n vorige reis na Dubai waar hy 1 miljoen Namibiese dollar vir jeugklimaatprojekte verseker het. Regsman Richard Metcalfe, wat voorheen werk vir die munisipaliteit gedoen het, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.