Regskostes vir Kavango-gemeenskappe moet laat vaar word

Namibiese burgerlike organisasies en Kavango-gemeenskappe doen ‘n beroep op die regering om afstand te doen van regskoste wat aan Kavango-gemeenskappe gehef word wat appelleer teen ReconAfrica se permitte vir verdere boor op hul kommunale gronde Die Namibiese belastingmeester sal op 16 Mei besluit of plaaslike gemeenskappe in die Kavango-streek meer as 520 000 Namibiese dolalr in regskoste moet betaal nadat die hof hul versoek van Julie 2022 vir dringende optrede verwerp het. Die gemeenskappe wou keer dat die Kanadese maatskappy ReconAfrica voortgaan om vir olie en gas op grond wat deur die gemeenskap bestuur word, te boor. Rob Parker, ‘n vennoot by die Economic and & Social Justice Trust, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.