Regse Wilders wen Nederland se verkiesing

Die veteraan Nederlandse politikus, Geert Wilders, het teen die verwagting in die algemene verkiesing gewen. Sy Party voor de Vryheid het 37 setels ingepalm. Wilders word beskryf as ‘n populistiese leier, anti-Islam en anti-immigrasie, en sy oorwinning gaan beslis skokgolwe dwarsoor Europa stuur. Hy sal egter ander partye moet oortuig om ‘n koalisieregering te vorm aangesien hy minstens 76 van die 150 setels nodig het om te regeer. Wilders het tydens sy verkiesingsveldtog belowe om grense te sluit, maar het sy belofte om die Koran te verbied, vir eers laat vaar.