Registreer as belanghebbende in Swakop se radioaktiewe-fasiliteitsproses
Die radioaktiewe bergingsfasiliteit bly in die nuus. Geo Pollution Technologies is aangestel om die omgewingsimpak-studie te doen. Die maatskappy doen ‘n beroep op die publiek om te registreer en kommentaar vir die beoordelingsproses in te dien. Kosmos 94.1 Nuus het met André Faul, die omgewingswetenskaplike by Geo-Pollution Technologies, gesels oor die registrasie van belanghebbendes.