Registrasie van SIM-kaarte sterk op pad

Die Namibiese Kommunikasie Reguleringsowerheid het vandag ‘n veldtog van stapel gestuur om die publiek in te lig oor SIM-kaart registrasie. Die wetsontwerp is reeds by die Nasionale Vergadering ingedien. Ingevolge die bepalings moet alle SIM-kaarte aan eienaars geregistreer word, ‘n stap wat slenters en bedrog, bekamp. Dit is nog nie van krag nie maar, sal binnekort deurgevoer word. Die owerheid se uitvoerende hoof, Emilia Nghikembua, sê die privaatheid van verbruikers sal nie geskend word nie.