Registrasie kan werklose onderwysers help

Die massaregistrasie van werklose onderwysers het afgeskop by die departement van arbeid se streekkantoor op Rundu. Die registrasie sal na verwagting tot 7 Junie duur. Die voorsitter van die Werklose Onderwyserskomitee, David Nekaro, sê daar was verlede jaar 8 225 werklose onderwysers. Hierdie getal het verander, aangesien nog onderwysers vanjaar gegradueer het, terwyl ander in die polisie- en Verdedigingsmagte sowel as die onderwysministerie werk gekry het, volgens Nekaro. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, ​​oor hoe die data gebruik gaan word.