Regeringskommunikeerders vereer, Muyanda wen weer

Regeringskommunikeerders is vereer by die tweede Openbare Entiteite Kommunikeerders-toekennings, wat Vrydag in Lüderitz gehou is. Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewing-ministerie, het weer die toekenning vir die algehele beste kommunikasiebeampte ingepalm. Audrin Mathe, uitvoerende direkteur van inligting en tegnologie, het by die geleentheid gesê die kommunikeerders se taak is om te verseker die korrekte inligting bereik die algemene publiek.