Regeringskantore sluit 10:00 Vrydagoggend

Die kantoor van die eerste minister het opdrag gegee dat staatsamptenare, regoor die land, net tot Vrydagoggend tien-uur op kantoor hoef te wees. ‘n Militêre optog word in die hoofstad met die ontslape president Hage Geingob gehou en die sekretaris van die kabinet George Simataa sê die personeel sal dus ‘n geleentheid gegun word om aan die parade deel te neem, of, indien nie in Windhoek nie, na die hoofstad kan reis om die verrigtinge oor die naweek by te woon.