Regeringsfonds, Hyphen kom ooreen oor aandele

Die regering se aangewese befondsingsvennoot vir groen-waterstof inisiatiewe, die SDG Namibia One Fund, en Hyphen Hydrogen Energy het ‘n aandele-inskrywingsooreenkoms aangegaan, waarvolgens die fonds ‘n 24 persent-belang in die land se Hyphen-groenwaterstofprojek verkry. Dit sal gerugsteun word deur aanvanklike ontwikkelingsbefondsing van 23 miljoen euro. Die projek sal ontwikkel word op 4 000 vierkante kilometer binne die Tsau Khaeb Nasionale Park. Hyphen skat dat die projek oor Fase 1 en 2 tot 15 000 nuwe werksgeleenthede gedurende die konstruksiefase en 3 000 permanente werksgeleenthede sal skep. Die teiken is dat 90 persent van die poste deur Namibiërs gevul sal word, met 20 persent spesifiek deur die jeug.