Regerings veroordel selektief konflikte – HRW

Human Rights Watch se jaarlikse wêreldverslag kritiseer regerings wat selektief konflikte veroordeel wat menseregte raak. Die organisasie se direkteur vir die Horing van Afrika, Laetitia Bader, sê die verslag werp lig op konflikte, onderdrukkende leierskap en internasionale nalatigheid. Sy het meer besonderhede verskaf oor groot konflikte in die streek, insluitende Israel en Gaza, Oekraïne, Mianmar, Ethiopië en Sudan, waar duisende lewens verloor of geraak is. Die verslag laat ook die soeklig val op ernstige beperkings op vroue en kinders in Afghanistan, wat hulle verhinder om ʼn opvoeding te kry en aan ʼn reeks bedrywighede deel te neem.