Regerings van SA en Lesotho gereed vir sluiting van Hoogland-projek

Die regerings van Suid-Afrika en Lesotho sê hulle is voorbereid op die sluiting van ses maande van die Lesotho Hoogland-waterprojektonnel. Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en haar ampsgenoot in Lesotho, die minister van Natuurlike Hulpbronne, Mohlomi Moleko, vra mense om gedurende hierdie tyd saam te werk om water en energie te bespaar teneinde ontwrigtings te beperk. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement, Mandla Mathebula, sê omvattende maatreëls is ingestel om watersekerheid regdeur die instandhoudingswerk te verseker: