Regering werk aan beter toekoms vir kinders

Die land herdenk die Dag van die Namibiese Kind en die regering werk aan kwessies om ontwikkeling en toekomsvooruitsigte vir kinders te verbeter. Dit is volgens maatskaplike welsyn-minister Doreen Sioka, wat by ‘n herdenking in Otjinene gepraat het. Sioka sê die regering verseker verbeterde gesondheidsorg vir die Namibiese kind, toegang tot onderwys en beskerming teen geweld en uitbuiting. Sioka doen ‘n beroep op meer bewusmaking van die uitdagings wat kinders in Namibië in die gesig staar. Sy het ook ‘n boodskap vir kinders.