Regering skuld SABC R35m in lisensiefooie

AfriForum het sy oproep herhaal dat die SABC geprivatiseer word en sê dis die enigste volhoubare manier om die openbare uitsaaier te laat voortbestaan. Die uitsaaier het onthul minder mense as ooit het die afgelope jaar hul TV-lisensies betaal. Dit sluit lisensies in van sowat 2 500 televisiestelle wat aan staatsdepartemente behoort, wie se uitstaande lisensieskuld byna 35 miljoen Suid-Afrikaanse rand beloop. Ernst van Zyl van AfriForum sê die SABC het nou ʼn geleentheid om aan sy bestaanskrisis te ontsnap: