Regering maak beloftes – elke verkiesingsjaar
Die aktivis Michael Amushelelo het die regering se geskiedenis van beloftes oor sosiale kwessies op sosiale media gekritiseer, met verwysing na ‘n 2019-belofte deur die oudminister van armoede-uitwissing, Zephania Kameeta, om ‘n maandelikse toelaag van 380 Namibiese dollar aan werklose mense van 30 tot 59 in te stel. Kameeta se voorstelle het ook universele kinder- en kraamtoelaes ingesluit, wat vrae oor die bekostigbaarheid en volhoubaarheid daarvan laat ontstaan het. Amushelelo voer aan dat sulke beloftes onvervuld bly. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gepraat.