Regering loods kommunikasieplan
Die eerste jaarlikse openbare entiteite kommunikasie- en skakelkonferensie het in Katima Mulilo in die Zambezi-streek plaasgevind. Die konferensie beoog om elke jaar staat-skakelbeamptes op te lei in effektiewe kommunikasie. Inligting-minister Emma Theofelus het by die geleentheid gepraat en sê die regering het ‘n kommunikasieplan van stapel gestuur. ‘n Nood-kommunikasieplan is ook begin om noodsituasies soos die heengaan van die staatshoof te hanteer.