Regering kan help met land se geestesgesondheid – Get Rich

Selfmoord in Namibië is in die nuus, ook met September wat die maand vir bewusmaking van geestesgesondheid is. Daar is meer as twee gevalle van selfmoord daagliks in die land en kenners skryf dit toe aan armoede, drank- en dwelmmisbruik. Die rapper, Get Rich, sê die regering kan hom nie doof hou vir die stryd wat mense in stilte stry nie.