Regering kan belasting-basis vergroot deur werkskepping
Namibië se algemene verkiesing vind in die laaste deel van die jaar plaas. Die Bruto Binnelandse Produk het in vorige verkiesingsjare toegeneem, maar die land het steeds ‘n groot skuldprobleem. Die plaaslike ekonoom Salomo Hei, van High Economic Intelligence, sê meer Namibiërs moet werk sodat die belasting-basis vergroot kan word. Dit sal help om die skuldlas te verminder. Hei het gepraat by ‘n voorbegrotingsbespreking aangebied deur die Ekonomiese Vereniging van Namibië, in vennootskap met die Capricorn Group, High Economic Intelligence en GIZ Namibia.