Regering ignoreer minister, sê DA
Die DA in Gauteng sê openbare-privaat vennootskappe is die enigste oplossing om die pluimveebedryf te red deur dringend ‘n entstof vir die huidige voëlgriep-stam te vervaardig. Die finansminister, Enoch Godongwana, het dit in sy mediumtermyn-begrotingsbeleids-verklaring duidelik gemaak dat openbare-privaat vennootskappe noodsaaklik is om werksgeleenthede te skep. Die DA-lid, Bronwynn Engelbrecht, sê die regering het hierdie raad geïgnoreer deur nie die kritieke aansoeke vir noodsaaklike voëlgriep-entstowwe goed te keur nie.