Regering het nie anti-misdaad strategie: Azapo

Die Azanian People’s Organisation sê dit lyk asof die regering nie ‘n strategie teen misdaad het om te verseker dat burgers veilig is nie. Dit volg na die dood van sy Wes-Kaapse leier, Mzimkhulu Nojozi, wat buite sy huis in Gugulethu, Kaapstad, doodgeskiet is. Jabu Rakwena van Azapo sê die 63-jarige Nojozi voer die afgelope 20 jaar al ‘n stryd vir ‘n wapenvrye Suid-Afrika: