Regering het baie gedoen vir menseregte – Saara

Die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa Amahdila het na Genève gereis om die sogenaamde Human Rights 75 High-Level-byeenkoms, wat die 75ste jaar van die Universele Verklaring van Menseregte herdenk, by te woon. Die beraad sluit vandag af. Sy het die afgevaardigdes toegespreek en die regering se pogings om die regte van Namibiese burgers te bevorder en beskerm.