Regering hersien petroleum wetlike raamwerk

Namibië maak aansienlike vordering in sy olie- en gassektor, met ‘n wetlike opknapping aan die gang om ‘n aantrekliker omgewing vir internasionale beleggers te skep. Dit is volgens Shakwa Nyambe, besturende vennoot van SNC Incorporated, by die Africa Energies Summit 2024 in Londen. Nyambe bekelmtoon die regering se hersiening van die huidige petroleum-wetlike raamwerk, wat daarop gemik is om belegging en groei binne die sektor te bevorder. Die hersiening behels die moontlike instelling van nuwe regulasies vir eksplorasie- en produksieaktiwiteite, tesame met wysigings aan die fiskale terme wat petroleumeksplorasie en -produksie in Namibië beheer.