Regering gereed vir enige siekte-uitbrake

Die gesondheidsministerie het ‘n ruk gelede ‘n masels-uitbraak in die Erongo-streek verklaar. Daar was op daardie stadium 93 vermeende gevalle aangemeld. Gesondheidsminister Kalumbi Shangula het by ‘n inligtingsessie in die hoofstad gesê die regering het die uitbraak onder beheer.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het in ‘n onlangse verslag gesê dat roetine-immunisering in Westerse lande teen ‘n kommerwekkende tempo afneem. Kosmos 94.1 Nuus het in die lig van die masels-uitbraak met die voormalige gesondheidsminister dr. Richard Kamwi oor roetine-inentings gepraat.