Regering gaan toeslaan op hoë pryse vir plastieksakke

Die omgewingsministerie het ‘n ondersoek gelas na die hoë pryse vir plastiek drasakke wat deur sommige kleinhandelaars gevra word. Die regering het die heffing vir plastieksakke vasgestel op 50 Namibiese sent, soos in die Staatskoerant gepubliseer. Omgewingsminister Pohamba Shifeta sê hulle het gevind dat kleinhandelaars en ander besighede tussen ‘n dollar en soms tot 5 dollar ‘n sak vra. Die regering kry slegs die vasgestelde 50 sent, soos wetlik toelaatbaar, dus steek die besighede die res in hulle sak. Shifeta het aan The Brief gesê hulle sal na die ondersoek besluit hoe hulle hierteen gaan optree. Hy voeg by die heffing is ingestel om mense minder sakke te laat gebruik, nie om handelaars te verryk nie.