Regering betaal begrafniskoste van 16 slagoffers van Kayova

Na die dood van 16 familielede by Kayova-nedersetting in die Ndiyona-kiesafdeling in Kavango-Oos-streek, het die regering besluit om ‘n bedrag van 107 000 Namibiese dollar beskikbaar te stel om uitgawes van die begrafnis te dek. Die oorledenes het vermoedelik weens vergiftiging gesterf. Die regering sal deur die Nasionale Noodrampfonds die kiste, begrafniskoste vir al die oorledenes vervoerkoste  ter waarde van 82 000 dollar dek, asook 15 000 dollar vir kos en 10 000 vir twee skadu-tente. Die uitvoerende direkteur in die kantoor van die eerste minister I-Ben Nashandi het namens die regering hul medelye uitgespreek aan die familie en gemeenskap.