Regering bestee amper N$34 miljoen aan begrafnisse

Verlede jaar is daar elke maand ‘n gemiddeld van drie amptelike begrafnisse gehou. Die kantoor van die eerste minister het 33,8 miljoen Namibiese dollar aan 38 sulke begrafnisse bestee. Dit is gemiddeld 889 473 dollar per begrafnis. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het in die Nasionale Vergadering gesê haar kantoor het verlede jaar ook ‘n totaal van 6 miljoen dollar bestee aan Onafhanklikheid- en Heldedag-vieringe. Lifalaza Simataa, die woordvoerder van die Landless Peoples Movement, het sy reaksie hierop met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.