Regering bemark Namibië oral vir toerisme-bedryf – Shifeta

Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het in die parlement gereageer op vrae deur die LPM-parlementslid Henny Seibeb. Seibeb wou weet wat die land se toerismestrategie en -plan na die Covid-pandemie is. Shifeta het verwys na die strategiese ingrypings wat die ministerie in plek het, soos die aggressiewe aanlyn bemarkings-veldtogte. Shifeta het bevestig dat die regering deur die Namibiese Toerisme-raad reeds in die loop van verlede jaar en vroeg vanjaar met plaaslike en internasionale bemarkings-veldtogte by die internasionale toerisme-skoue in Europa begin het.