Regering behaal verskeie suksesse in 2023

Die inligtingsminister, dr. Peya Mushelenga, het vanoggend ‘n opdatering gegee oor suksesse wat die regering behaal het gedurende die jaar. Namibië is aangesê deur die Finansiële Taakmag om verskeie aanpassings aan wetgewing te maak om te vermy dat die land op die gryslys geplaas word – soos met Suid-Afrika gebeur het – in terme van kwessies soos geldwassery, die befondsing van terreur en meer. Daar is groot vordering gemaak met kubermisdaad wetgewing sowel as die data-beskermingswetsontwerp. Die Nasionale Vergadering het vanjaar verskeie wetsontwerpe deurgevoer, sommige so vinnig dat burgerlike organisasies hulle kommer daaroor uitgespreek het. Mushelenga het bygevoeg dat daar ook hard gewerk is aan die land se 5G-strategie, sowel as breëband-data. Laasgenoemde word nog hersien.