Regbank reageer op Chinhengo aanstelling

Die Namibiese regbank het gereageer op berigte dat die aanstelling van die afgetrede Zimbabwiese regter Moses Chinhengo vir die Fishrot verhoor wat na verwagting op 13 Oktober begin, nie deursigtig was nie. Die regbank sê Chinhengo is ‘n deurwinterde regter en het ook met die onlangse appèlsake in die plaaslike hooggeregshof in verband met die sogenaamde Caprivi-verraadsaak aangehoor, en hy is vertroud met die Namibiese regstelsel. Hy is ook beskikbaar om lang diens in Namibië uit te voer. Die regbank sê hy het ‘n verantwoordelikheid om te verseker dat daar voldoende regters is maar, dit bly ‘n uitdaging omdat senior regslui nie ywerig is om regters te word nie. Daar is eise vir meer deursigtigheid in die regbank se aanstellingsproses, veral van die LPM en die Affirmative Repositioning-beweging. Sommige kenners meen dit is ‘n goeie stap om ‘n regter vanuit die buiteland aan te stel vir die Fishrot-verhoor.