Regbank, Koreaanse beleggings onder kabinetsbesluite
Die 9de kabinetsbesluite is deur die inligtingminister, Emma Theofelus, in die hoofstad aangekondig. Die kabinet het die ondertekening van ‘n memorandum van verstandhouding tussen die Handels-Beleggingsbevorderingsagentskap van Suid-Korea, Kotra, en die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, NIPDB, goedgekeur.
Die kabinet het ook goedkeuring verleen dat die justisieminister die Wet op Regspraktisyns van 1995 wysig of herroep. Dit is om voorsiening te maak vir die regulering van die regsberoep en regspraktisyns, en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee verband hou.