Reeva se ma staan nie Oscar se paroolaansoek teë

June Steenkamp sal nie Oscar Pistorius se aansoek om vryheid teenstaan nie wanneer die moordenaar van haar dogter Vrydag voor die Paroolraad van Korrektiewe Dienste verskyn. Die voormalige Paralimpiese kampioen het vroeër vanjaar om parool aansoek gedoen. Steenkamp het toe na Pretoria gereis vir die verhoor. Volgens haar regsverteenwoordiger, Tania Koen, sal ʼn prokureur hierdie keer haar slagoffer-impakverslag tydens die geleentheid voorlees. Pistorius het reeds meer as die helfte van sy vonnis van 13 jaar en vyf maande uitgedien vir die moord op sy vriendin in sy huis in 2013.