Reënweer nog so bietjie hier, dan koel dit af

Daar is plek-plek voggies in die land met reën wat ontvang is. Maar hoe lank nog? Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van die Windhoek weerkantoor gesels en die nuus is goed.

‘n Frontale stelsel beweeg oor die naweek in en sal teen Sondag Namibië bereik wat koeler temperature en droë lug sal veroorsaak.